WELKOM BY
Waterkloofrif Geloofsfamilie
Jy is raak gesien.
Jy is kosbaar.
Jy is welkom.
+27(12) 347 9133
Maandae tot Vrydae: 09:00-14:00
Erediens
Sondag oggend om 9:00
- Hier vind jy ’n hegte geloofsfamilie, ’n plek waar jy tuis voel, waardeer word en saam kan groei in geloof.
- As jy al by ons gekuier het, wys gerus met ’n Google-gradering hoe welkom en gemaklik jy gevoel het.
- Jou sterre help ons om ander ook tuis te laat voel.

WIE ONS IS
Ons is die NG Kerk Waterkloofrif
Ons is Uniek
Word deel van ons geloofsgemeenskap en maak ‘n verskil
Laai die vorm af, voltooi dit en stuur dit aan die kerkkantoor vir verwerking
WAT ONS BIED
Ontdek ons verskeie dienste en aktiwiteite
Ons Gemeente se Ritme
Sondag erediens program
- 08:35 – Kom ons bid saam
- 08:45 – Erediensreëlings
- 09:00 – Erediens
- 09:10 – Bybelbuddies (kinderkerk & junior kategese)
- 09:10 – Tienergroep (senior kategese)
- 10:00 – Gemeente kuier
- 12:00 – Multi-taal lofprysingsdiens
Weeklikse instellings
- Woensdag, 09:00 – Bybelstudie
- Donderdag, 18:30 – Sanggroep
Ons Geloofspad vir die Jaar
Die Liturgiese Jaar: ’n Reis deur Geloof
Die 2025 Liturgiese jaar strek van 1 Desember 2024 tot 29 November 2025, en die 2026 jaar begin op 30 November 2025.
Die jaar draai om drie heilige feeste:
Kersfees – Christus kom na die wêreld
Paasfees – Die opstanding, die hart van ons geloof
Pinkster – Die uitstorting van die Gees
Elke fees het ’n tyd van voorbereiding en besinning:
Advent lei ons na Kersfees.
Epifanie openbaar Christus aan die wêreld en berei ons voor vir die reis na Lydenstyd.
Lydenstyd en Paastyd verdiep ons verstaan van die kruis en die opstanding.
Hemelvaart en Pinkster roep ons tot getuienis, sending en die uitlewing van geloof.
Na Pinkster breek Koninkrykstyd aan—’n seisoen waarin ons geroep word om die vrugte van geloof uit te dra en Christus se liefde sigbaar te maak in die wêreld.

Gemeenteherinneringe – Onlangs Gedeel







