Liturgiese jaar
Die kerkjaar neem die gemeente op ’n reis van hoop (Advent) tot lig (Kersfees), openbaring (Epifanie), berou (Lent/Lydenstyd), oorwinning (Paasfees) en uiteindelik geestelike groei (Koninkrykstyd).
Die kerkjaar draai om drie heilige feeste:
Kersfees – Christus kom na die wêreld
Paasfees – Die opstanding, die hart van ons geloof
Pinkster – Die uitstorting van die Gees
Elke fees het ’n tyd van voorbereiding en besinning:
Advent lei ons na Kersfees.
Epifanie openbaar Christus aan die wêreld en berei ons voor vir die reis na Lydenstyd.
Lydenstyd en Paastyd verdiep ons verstaan van die kruis en die opstanding.
Hemelvaart en Pinkster roep ons tot getuienis, sending en die uitlewing van geloof.
Na Pinkster breek Koninkrykstyd aan—’n seisoen waarin ons geroep word om die vrugte van geloof uit te dra en Christus se liefde sigbaar te maak in die wêreld.

